Beste stoeiers ryg trofees in by prysuitdeling
Die stoeiers wat toekennings as Mpumalanga-kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe- en massa-afdelings ontvang het, is Tyrone Swanepoel, Tiaan Carelse, Jordan Webb, Zander Scheepers en Nico van den Berg.
SECUNDA – Stoeiers van Sasol Stoeiklub is onlang tydens dié klub se prysuitdeling vir hul harde werk gedurende die jaar beloon.
Sarah-Ann Francke het weggestap met die trofee vir Vroue-stoeier van die Jaar.
Die ander stoeiers wat trofeë ontvang het, is De Wet du Plessis (beste 0/6-stoeier), Liam Swarts (beste 0/8-stoeier), Reagen Meyer (beste 0/10-stoeier), Dwane van Niekerk (beste 0/15-stoeier), Stoffel Schutte (Kadet-vrystylstoeier van die Jaar), Benji Oosthuysen (moedigste 0/8-stoeier), Tyrone Swanepoel (moedigste B/8-stoeier), Zané van Rensburg (bes-gevorderde 0/8-beginner) en Zander Scheepers (bes-gevorderde B/8-beginner).
Die Carelse-familie het ’n trofee vir getroue diens en hulp aan Sasol Stoeiklub gelewer deur die jaar ontvang. Me. Bernadette Putter en mnr. Manie van den Berg het ook elk so ’n trofee ontvang.
Mnr. Gerhardt Oelofse het ’n trofee vir uitstaande en getroue diens aan die klub deur die jaar ontvang en me. Annette du Plessis en me. Chantelle Voigth het elk ’n trofee vir hulp aan die Pumatjie-stoeiers deur die jaar ontvang.
Die Pumatjie-stoeiers wat trofeë ontvang het vir deelname aan die vyf Mpumalanga Pumatjie-stoeitoernooie deur die jaar, is Tiaan Carelse, De Wet du Plessis, Logan Fourie, Du Toit Malan, Adriaan Odendaal, Divan Raubenheimer, Hendrico Smit, Zané van Rensburg, Herco Westerman, Juvan de Beer, Daniel du Toit, Lyndon Fourie, Dalusi Memela, Simeon Oosthuysen, Rick Robertson, Gareth Smith, Jake Voigt, Juan de Kock, Antoine Duvivier, Janlu Lourens, Akwande Memela, Benji Oosthuysen, Heinrich Smit, Liam Swarts en Arno Vorster.
Die ander lede wat trofeë ontvang het, is me. Stephanie van Vuuren (Provinsiale Skeidsregter van die Jaar), mnr. Johan van den Berg (Suid-Afrikaanse Afrigter van die Jaar), me. Lollie van den Berg (Suid-Afrikaanse Administrtiewe Beampte van die Jaar), me. Erika Meyer (Provinsiale Spanbestuurder van die Jaar), me. Elma Webb (Suid-Afrikaanse
Spanbestuurder van die Jaar) en me. Maraloe Swarts (Provinsiale Mediese Beampte van die Jaar). Zak Manaia het trofeë vir die beste 0/11-stoeier en ook die mees wetenskaplike 0/9- en 0/11-stoeier ontvang.
Mnr. Michael Fancke het trofeë ontvang vir sy Pumatjie-stoeiafrigting deur die jaar en as Provinsiale Afrigter van die Jaar.
Die ander stoeiers wat trofeë huis toe geneem het, is Brussouw Francke (beste 0/7-stoeier, beste (0/6-0/8) muggiestoeier en die mees wetenskaplike 0/6-0/8-stoeier), Jordan Webb (mees wetenskaplike 0/10-0/15-stoeier, stoeier wat ’n tweede plek behaal het op die Suid-Afrikaanse Jeug 0/13 Vrystylstoeikampioenskap, stoeier wat ’n derde plek behaal het op die Suid-Afrikaanse Jeug 0/13 Grieks-Romeinse stoeikampioenskap en die stoeier wat ’n tweede plek behaal het op die Suid-Afrikaanse proewe), Pieter Bezuidenhout (beste 0/9-stoeier, beste 0/9-0/11-stoeier, beste provinsiale vrystyl-stoeier en die stoeier wat ’n tweede plek op die Suid-Afrikaanse 0/9 Jeug Vrystyl-stoeikampioenskap behaal het), Nico van den Berg (Senior Vrystyl-stoeier van die Jaar, mees wetenskaplike kadet onder die junior en seniors, getroue diens en hulp aan Sasol Stoeiklub deur die jaar, Algehele Vrystyl-stoeier van die Jaar, Suid-Afrikaanse Skeidsregter van die Jaar, Stoeier wat ’n eerste plek behaal het op die Suid-Afrikaanse Senior Vrystylkampioenskap, eerste plek behaal op die Suid-Afrikaanse Vrystyl senior proewe en inter-nasionale deelname aan die senior Vrystyl Spaanse Grand Prix Ope-stoeikampioenskap waar hy ’n vierde plek behaal het) en Tiaan Carelse (0/13-stoeier van die Jaar, beste President Vrystyl-skole Stoeier van die Jaar, Grieks-Romeinse President-stoeier van die Jaar, Provinsiale Grieks-Romeinse Stoeier van die Jaar, stoeier wat die meeste wedstryde deur die jaar gewen het, stoeier wat die meeste punte vir eerste, tweede en derde plekke ontvang het deur die jaar, Algehele Grieks-Romeinse stoeier van die Jaar, stoeier wat ’n tweede plek behaal het op die Suid-Afrikaanse Jeug 0/13-Vrystylstoeikampioenskap en stoeier wat ’n tweede plek behaal het op die Suid-Afrikaanse Jeug 0/13 Grieks-Romeinse Stoeikampioenskap). Mnr. Brandon Rokebrand het sy Suid-Afrikaanse kleure as skeidsregter en ook sy volle Mpumalanga-kleure as skeidsregter behaal. Pieter Bezuidenhout en Zander Scheepers het volle Mpumalanga-kleure as stoeiers verwerf.
Die stoeiers wat toekennings as Mpumalanga-kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe- en massa-afdelings ontvang het, is Tyrone Swanepoel, Tiaan Carelse, Jordan Webb, Zander Scheepers en Nico van den Berg.