Local sportSport

Energieke Zietske Bailey dans trofees los

Haar trofees pryk nou in haar kamer en van skoenlappers in die maag voor die eksamen was daar nie juis sprake nie.

Zietske Bailey se soepel bewegings het haar geslyp om tydens die afgelope akrobatiese eksamen 99 persent in die ‘tan’-afdeling te behaal en ‘n trofee ook op die koop toe los te slaan vir die hoogste punte behaal.

Zietske het twee maande gelede by die Marilize Roelofse Acrobatic Dance Studio aangesluit en van meet af aan haar toegespits om die verskillende tegnieke te bemeester om die eksamen eksie-perfeksie te voltooi.

Ma Celestie het laat val dat haar 10-jarige dogter altyd ballet wou doen, maar dat akrobatiese oefening haar energie beter kanaliseer.

Haar trofees pryk nou in haar kamer en van skoenlappers in die maag voor die eksamen was daar nie juis sprake nie.

Zietske Bailey toon haar vernuf by die koerant se kantoor.

“My beste maatjie Mieke, het net vir my gesê dat ek nie moes stres nie,” het Zietske gesê.

“Die eksamendans was daarna baie lekker.”

Onder die oplettende oog van die beoordelaar, het die kaalvoetakrobate op die maat van musiek deur hul passies gegaan, gerek, gestrek, grasieus in die rondte getol, ge’tumble’, op die hande gestaan en spreibeen gesak.

Haartjies is natuurlik goed weggebind om nie enige oefening te belemmer nie.

Zietske se oefenprogram is ‘n weeklikse twee-ure-sessie by die saal van die AP Kerk in Meyerville.

Pa Christo was ook nie links nie en het ‘n platform met pale en houtblokkies staangemaak waarop sy kan oefen om op die hande te staan.

Wat Zietske se prestasie so uitsonderlik maak, is dat sy kinkhoes onder lede gehad het. Nie een om ‘nee’ vir ‘n uitdaging te sê nie, het sy vir die fotosessie spreibeen op die vensterbank van die kantoor gesit.

Zietske Bailey toon haar vernuf by die koerant se kantoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button