Local sportSport

Lourens is reg vir aksie op die rugbyveld

Tuks-rugbyspeler verhuis na Secunda

SECUNDA – Lourens Pretorius (24) wat die afgelope ses jaar vir die Universiteit van Tshwane (Tukkies) rugby gespeel het, draf in die nuwe jaar uit vir die Sasol DigiMag Rugbyklub op Secunda.

Pretorius het op Secunda grootgeword en aan Hoërskool Secunda gematrikuleer voordat hy universteit toe is om te studeer vir ‘n graad in konstruksiebestuur.

Hy het eers vir Tukkies se 0/21-rugbyspan gespeel en in sy tweede jaar is hy gekies om vir Tukkies se eerstespan uit te draf.

Hy het vroeër vanjaar sy na-graadse studies, ‘n diploma in entrepreneurskap, voltooi en teruggetrek na Secunda waar hy vir ‘n konstruksiemaatskappy begin werk het.

Pretorius het die afgelope twee jaar die posisie van buite-senter gespeel, maar is ook gemaklik in die posisies van binne-senter en losskakel.

Lourens Pretorius in aksie op die rugbyveld.

Hy is gereed om in Januarie volgende jaar vir Sasol DigiMag op die veld te draf en gebruik die huidige af-seisoen om te herstel van ‘n besering in sy vingers.

Pretorius se liefde vir rugby het al in die laerskool begin en hy het op hoërskool vir Hoërskool Secunda se eerstespan uitgedraf.

“Toe ek begin studeer het, het ek die kans gekry om vir Tukkies rugby te speel en ek kon dit nie deur my vingers laat glip nie,” het Pretorius gesê.

“Ek het in 2013 nog ‘n rugbywedstryd van Tukkies op die televisie gekyk toe Tuks die ‘Varsity Cup’-reeks gewen het.

“Ek het toe vir my pa gesê ek sal daarvan hou om eendag vir hulle te speel.”

Hy het in 2015 vir ‘n rukkie saam met die Blou Bulle tydens hulle voor-seisoen geoefen, maar kon nie die pas volhou en studeer nie.

“Hulle oefen die hele dag en ek moes nog studeer ook,” het Pretorius gesê.

Hy het vanjaar sy debuut in die ‘Varsity Cup’-reeks gemaak toe Tukkies in April in die eindronde teen Maties in die stof gebyt het. Pretorius se doelwit as hy by Sasol DigiMag Rugbyklub aansluit, is om saam met die res van die span in al hul wedstryde onoorwonne te wees.

Lourens Pretorius in aksie op die rugbyveld.

“Die span waarin ek gespeel het in Pretoria vir klubrugby, was vir twee jaar onoorwonne in die Carlton Bekerreeks.”

Pretorius het in Tukkies se af-seisoen klubrugby gespeel vir die Carlton Rugbyklub in Pretoria.

Hy het ook 7s-rugby vir Tukkies en rugbyklubs gespeel.

Sy raad aan hoërskoolleerders wat tans rugby speel en dit verder wil bring met rugby, is om te gaan studeer en universiteitsrugby te speel.

“Dit is die ideale geleentheid om blootstelling te kry en dan dalk later vir een van die groter rugbyspanne soos die Blou Bulle of selfs die Springbokke te speel.

“Dit is nie maklik om te studeer en rugby te speel nie, maar dit kan gedoen word.”

In sy vrye tyd geniet Pretorius die buiteluglewe en dinge soos hengel.

Lourens Pretorius in aksie op die rugbyveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button