Local sportSport

353 visse ingeweeg by Grootdraaidam

Die klub het die hengelaars gelukgewens wat in nasionale spanne opgeneem is.

Standerton en Distrik Hengelklub het op 4 Januarie die nuwe jaar behoorlik ingelui met Grootdraaidam wat kon spog op 100 persent.

Altesaam 353 visse is inkatrol met ‘n gesamentlike gewig van 161.58kg.

Die hengelaars het in die onderskeie afdelings meegeding en Francois Scheepers het vir die seniors, die eerste plek verower met 62 visse met ‘n gewig van 25.720kg.

Niewies Jansen van Nieuwenhuizen het in dié afdeling tweede geëindig met 51 visse van 21.120kg en Gerhard Lues derde met 30 visse van 15.380kg.

Elize Jansen van Nieuwenhuizen was onoorwonne in die vroue-afdeling met 20 visse van 9.420kg, gevolg deur Nicolene Kuhn met 16 visse van 7.900kg en Dalene Hoffman met 14 visse van 7.020kg.

Francois Scheepers en die jong hengelaartjies, Chinika en Chimonique Hoffman. (Foto: Verskaf)

JP Hoffman het in die 0/19-juniorafdeling geseëvier met 12 visse van 11.020kg, terwyl Chimonique Hoffman die junior-supersnuiterafdeling beklink het met ses visse van 2.820kg, gevolg deur Chinika Hoffman met sewe visse van 3.440kg.

Willie Booysen en Scheepers het albei die swaarste geelbekgeelvis aan wal gebring, Morné Kuhn (jr.) die swaarste moddervis, Jacobus Hoffman die swaarste karp.

Louis Fourie het die swaarste baber en Franco Hoffman die swaarste klipbaber vasgekap.

Die klub het die hengelaars gelukgewens wat in nasionale spanne opgeneem is.

Niewies Jansen van Nieuwenhuizen sal in die Meesters SASACC-span meeding, Johan Smit in die SAVOF A-span, Robert Nortjé (jr.) in die SAVOF Junior 0/13 A-span en Morné Kuhn in die SAVOF Junior C-span.

JP Hoffman by sy kiepnet wat ‘n sege in die junior 0/19-afdeling verseker het. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button