Local sportSport

Hengelkompetisies vat vlam

Secunda Hengelklub het ’n klubkompetisie by hul tuiswaters langs in die Trichardtsfonteindam gehou met 23 deelnemers wat 206 vis uitgetrek het

SECUNDA – Hengelaars het die koel weer van die laaste naweek voordat die skole weer open, ten volle benut.

Sommige hengelaars het rustig tyd langs die viswater verwyl, soos Crause Barnard en Charl Booysen wie nie lus was vir kompetisie-hengel nie, en net eerder langs die Secunda Eendedam lyne gaan natmaak het. Ander het egter al die jaar se kompetisies met mening aangepak.

Secunda Hengelklub het ‘n klubkompetisie by hul tuiswaters in die Trichardtsfonteindam gehou met 23 deelnemers wat 206 vis uitgetrek het. Die totale gewig was 86,76 kg.

Danie Luies het die swaarste sak op 15,75kg ingeweeg.

Die grootste moddervis het 295g geweeg en is deur Erna Schoeman vasgekap.

JD Luies het die swaarste karp (765g) onder die penkoppe gevang, Bladen Deminey se karp van 645g was die swaarte onder die juniors en Herman Schoeman het die swaarste karp, 2,48kg, gevang.

Charl Booysen gooi ‘n lyn in die Secunda Eendedam terwyl Crause Barnard toekyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button