Local sportSport
Rolbalspelers kan vir besigheidsliga begin oefen
Belangstellendes kan Dinsdagaande, veral met die oog op die besigheidsliga, oefen.
Standerton Rolbalklub het Woensdag, 8 Januarie met hul sosiale spel vir nie-werkendes vir die nuwe jaar begin.
“Dit was heerlik om die groepie weer te sien en daar is na ‘n uur se spel gekuier en verversings geniet,” het Elrina Greaves gesĂȘ.
Die klub pas oefentye volgens die weer aan.
Belangstellendes kan Dinsdagaande, veral met die oog op die besigheidsliga, oefen.
Rolbalspelers het ook ‘n Nuwejaars Vrolikheidsete vir gereelde spelers gehou.
Die klub se algemene jaarvergadering vind op Woensdag, 15 Januarie om 6nm vir 6.30nm plaas, waartydens ‘n nuwe komitee gekies sal word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



