Local sportSport

Jagters lë aan by SAJWV se skietdag

Die SAJWV se volgende vergadering vind op 11 Februarie by Vaalrivierskool se kriekethuis plaas.

Skuts van Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het onlangs hul gewere gelaai en in verskillende tabelle meegeding.

In die jakkals-tabel het S. Bester eerste met 150,01 geëindig, gevolg deur J. Strydom met 140,0 en J. Geldenhuys met 130,01.

H. Ellis het in die vroue-afdeling by dié tabel geseëvier met 120,02, terwyl A. Buys met 110,0 en C. Lues met 110.0 onderskeidelik tweede en derde was.

M. Griesel was onoorwonne in die juniorafdeling met 100, gevolg deur C. Visagie met 85,01 en J. Swanepoel met 80,01.

In die vlakvark-tabel het L. Visagie met 43, 02 die eerste plek behaal, terwyl I. Lues met 41,02 tweede was en J. Geldenhuys met 40,04 derde.

L. Visagie het in die vroue-afdeling by dié tabel met 43,02 eerste geëindig, terwyl H. Ellis met 35,03 tweede was en K. Visagie met 34,02 derde.

Vir die juniors het K. Visagie se 34,02 die afdeling beklink, gevolg deur J. Swanepoel met 31,00 en C. Visagie met 27,01.

In die fisant-haelgeweerafdeling het L. Buys se 15/15 vir ‘n oorwinning gesorg, terwyl K. Uys met 14/15 tweede en J. Geldenhuys met 14/15 derde geëindig het.

J. Potgieter se 94,01 het die semi-outomatiese 100m-senterafdeling beklink, gevolg deur I. Lues met 93,02 en J. Steenkamp met 93,02.

In die pistool 20m-afdeling het K. Uys met 157,02 die eerste plek behaal, terwyl J. Steenkamp met 150,01 tweede was en J. Green met 150,00 derde.

Die SAJWV se volgende vergadering vind op 11 Februarie by Vaalrivierskool se kriekethuis plaas. Die volgende skietdag word vir 15 Februarie by die Evert Genis-skietbaan beplan.

Nols en Neels Rautenbach druk in gesprek by die skietdag van die SAJWV. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button