Hengelaars vang meer as 700kg se vis in pan naby Bethal
Die klub se 28 hengelaars het 473 vis gevang wat gesamentlik 760,91 kg geweeg het.

BETHAL – Hengelaars van die Lekker Hengel Sosiale Klub het verlede naweek, 18 Januarie, meer as 700kg se vis uit Dewaldspan buite Bethal getrek.
Die klub se 28 hengelaars het 473 vis gevang wat gesamentlik 760,91 kg geweeg het.
Tiaan Fourie wat in die mansafdeling deelgeneem het, het die swaarste karp van almal gevang. Sy karp het 4,15kg geweeg.
Ralf Hullermeier het die meestersafdeling gewen met ‘n karp van 3,35 kg, Jorinda van Coller het die vroue-afdeling gewen met ‘n karp van 3,27kg en onder die penkoppe was Liam Swartz se karp van 505g die swaarste.
Adri Engels het ‘n allemuntige baber van 7,37 kg uitgetrek.
Fonnie Botha het algeheel met die swaarste sak vis gespog en so ook die mansafdeling gewen.
Sy sak het 65,42kg geweeg.
Marista Viljoen se sak het op 49,99kg ingeweeg en Neels Nel (meesters), se sak was 47,32 kg.





