Edelvalk-tak se skuts lê aan na verskeie tabelle
Die volgende skietdag vind op 16 Mei plaas waar na die springbok-, blouwildebees-, .22 posliga- en kransduiftabel aangelê sal word.
Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Saterdag 14 Maart opgedaag om na verskillende tabelle te skiet.
In die rooibok sonder rus-afdeling het Driaan Podges eerste met 44 geëindig, terwyl Jako Steenkamp met 41 tweede was Iwan Lues met 36 derde.
In die vroue-afdeling was Helen Ellis met 32 onoorwonne, gevolg deur Carla Lues met 27 en Annetjie Buys met 21.
Janko de Klerk het in die juniorafdeling meegeding.
In die swartwildebees-afdeling het Driaan Podges met 44 geseëvier, terwyl Evert Genis tweede was met 41 en Ellis met 38 derde.
Ellis het ook die vroue-afdeling beklink met haar 38, terwyl Carla Lues die tweede plek met 33 behaal het en Annetjie Buys met 22 die derde plek.
De Klerk het in die juniorafdeling meegeding.
In die fisant-haelgeweer-afdeling het Iwan Lues se 12/15 die deurslag gegee, terwyl Johan Geldenhuys 12/15 behaal het en JC Schoeman 12/15.
In die grootkaliber-buffel-afdeling was Podges eerste met 24, gevolg deur Johan Geldenhuys met 22 en Jacques Dalhouzie met 17.
Die tak het die militêre veterane van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging vir die kos en drinkgoed op die baan bedank, asook Steenkamp, Lues, Dalhouzie, Wynand Ferreira, Ellis, Harry Beukes en Herman Kriel vir hul hulp
Die volgende skietdag vind op 16 Mei plaas waar na die springbok-, blouwildebees-, .22 posliga- en kransduiftabel aangelê sal word.
‘n Ghongskietdag word ook vir 4 April by Höningvallei beplan.




