Henro Lewies wen junior gholfkampioenskap by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub
Graceland bied junior kampioenskap aan
SECUNDA – Die Mpumalanga Gholfunie se junior kampioenskap het die afgelope naweek by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub plaasgevind en Henro Lewies van Bethal Gholfklub het die kampioenskap gewen. Hy het 76 gross behaal, terwyl Zane Nel tweede geëindig het, ook met 76 gross en Dean Hall derde, ook met 76 gross. Behn Heyns het vierde geëindig met 77 gross, Armin Mostert vyfde, met 78 gross en Derick Human, ook van Bethal Gholfklub, sesde met 78 gross. Drian du Plessis was die beste onder die seunsspelers in die A-afdeling met sy netto-telling en Diané Jansen was die beste onder die dogtersspelers in dié afdeling. RJ Kinnear was die wenner in die B-afdeling, terwyl Lourens van Niekerk tweede geëindig het. Jon Jurie Grobler het die beste netto in die B-afdeling gehad. Xian Meyer was die wenner in die C-afdeling en Dillyn Roux in die D-afdeling.





