Local sportSport

Mpumalanga se president van die rolbalvereniging, Jaco van Straaten, word nie deur siggestremdheid gekeer nie

“Rolbal is lekker en dit maak nie saak in watter formaat jy meeding nie,” het hy ook gesê.

Die gesigsgestremde president van die Mpumalanga Rolbalvereniging, Jaco van Straaten, laat niks in sy pad staan om mededingend te speel nie.

Jaco het verlede Saterdag by die geborgde dag op Standerton, al die pad van Groblersdal, opgedaag om in spanverband deel te neem.

Hy is ‘n fisioterapeut van beroep en het tydens die onderhoud die humor in situasies raakgesien.

Van hoe die onderhoud tussen koppe gereël is, tot die pas waarteen die gesprek afgehandel moes word.

“Ek het vyf persent sig sedert ek agt jaar oud is,” het hy gesê.

Dié genetiese afwyking het geensins verhoed dat hy na ‘n aflewering, groen hoed op die kop, rats na die ander kant draf, om die posisie van die hout van nader te betrag nie.

Altesaam 42 spelers van naburige dorpe het dié dag van Standerton Rolbalklub bygewoon, sonder om ‘n oog te knip oor die hitte.

‘n Goedgeoliede span het tydens die teepouse sekergemaak dat sy telkaart vinnig afgehandel word, voordat die baan vir die volgende ronde gereedgemaak is.

“Rolbal is lekker en dit maak nie saak in watter formaat jy meeding nie,” het hy ook gesê.

Op die tuisfront, gee sy vrou Louisa, nie om dat haar man dié sportsoort so aktief bedryf nie.

Hy speel al 14 jaar rolbal en hanteer die presidentsportefeulje die afgelope vier jaar.

‘n 93-jarige man is die oudste speler op Groblersdal en ‘n seuntjie, van so 11-jaar-oud, die jongste.

Dit was nie hy nie, maar die sekretaresse van Standerton Rolbalklub, Elrina Greaves, wat laat glip het dat hy Springbokkleure verwerf het.

Kort en kragtig, ‘n man van min woorde.

“Waar kan mans so op dié wyse teen vroue meeding?” het Jaco mee afgesluit.

“Dit gaan nie oor krag nie, maar oor vaardighede.”

Jaco van Straaten (wit broek en groen hoed) op die baan tydens Standerton Rolbalklub se geborgde dag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button