Local sportSport
Aldo en Wian het Mpumalanga-tennisproewe en Hoëveld-kampioenskap in die visier
Aldo is destyds in die 0/13-Mpumalangaspan ingesluit, terwyl Wian in ’n gemengde dubbelspeltoernooi ’n goue medalje verower het en in die enkelspel ’n silwer.
Die Strydom-seuns, Aldo (15) en Wian (12), speel al tennis onderskeidelik vanaf die ouderdom van vyf – en vier jaar.
Onder die wakende oog van mnr. Mathew Khumalo, het albei die 0/10-Hoëveld-tennispan gehaal.
Aldo is destyds in die 0/13-Mpumalanga-span ingesluit, terwyl Wian in ‘n gemengde dubbelspeltoernooi ‘n goue medalje verower het en in die enkelspel ‘n silwer.
Laasgenoemde was in aksie by die Tennis South Africa se Growthpoint, waar spelers van regoor Suid-Afrika deelneem.
Hulle berei tans voor vir die Mpumalanga-proewe en Hoëveld-kampioenskap wat vir Februarie geskeduleer is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



