Local sportSport
Xander Bailey eindig eerste in juniorafdeling by skietkompetisie
Oom Evert Genis was in die tweede plek in die veterane-afdeling.
Xander Bailey van die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) was op Saterdag 13 Februarie onoorwonne in die juniorafdeling.
Dié presidentskietkompetsie het op Frankfort plaasgevind.
Skuts van die SAJWV in Mpumalanga kon ook gaan deelneem.
Xander het ook die vierde plek onder die top 20 skuts behaal.
Laurenza Visagie het in die vroue-afdeling ‘n tweede plek behaal, terwyl Corrie Visagie in die C-klas eerste geëindig het.
Neil Grabe was in die 10de plek onder die top 20 en Driaan Podges in die 15de plek.
Evert Genis was in die tweede plek in die veterane-afdeling.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



