Local sportSport
Ferrieira en Streicher van Standerton lê wedren op Oudtshoorn af
Fietsryers moes 361km in 36:10 voltooi.
Twee lede van Standerton Trapklub het Vrydag 14 Mei aan die 36one MTB Challenge op Oudtshoorn deelgeneem.
Fietsryers moes 361km in 36:10 voltooi.
Die roete het by Kleinplaas op Oudsthoorn begin, deur na Kammanasie, Louvain Guest Farm, Heimersrivier, Mount Hope,Volmoed, Paar de Bont, Rooiberg, Calitzdorp, Kruisrivier, Lategansvlei en weer op Kleinplaas geëindig.
Die wedren het om 3nm Vrydag begin en die afsny was Sondagoggend net na 3vm.
Jacques Ferreira het die roete, in reën, in ‘n tyd van 29:35 voltooi en Francois Streicher in 26:06.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



