Local sportSport

Krieket by Piet van den Berg-ovaal sorg vir mededingende kolf- en boulwerk

Die besigheidsliga het op Sondag 16 Mei met twee wedstryde begin. Slegs vier spanne het vanjaar ingeskryf.

Krieket se T20 Besigheidsliga by die Piet van den Berg-ovaal is in volle swang.

Mica Mustangs het BASF Bears op Sondag 23 Mei getroef deur 186 lopies vir die verlies van nege paaltjies aan te teken.

In hul 20 beurte het die BASF Bears op 151/5 te staan gekom.

Mica se Jan Dirk van Dyk het met 111 lopies van 55 balle gespog, terwyl BASF se Theuns Adendorff twee paaltjies in twee beurte vir slegs 23 lopies laat kantel het.

BASF se Douglas Richardson het 74 lopies van 69 aflewerings gemoker, terwyl Eduan de Klerk twee paaltjies in 33 aflewerings geneem het.

Mica Mustangs het die wedstryd met 35 lopies gewen. Highveld Milling Honey Badgers het om 2.14nm teen Maximed Eagles te staan gekom.

Highveld Milling se PJ Venter kon met 76 lopies van 51 balle spog, terwyl Werner Mouton twee paaltjies in vier beurte vir slegs 12 lopies geneem het.

Mouton het voor die paaltjies met 81 lopies van slegs 64 balle die teenstanders laat les opsê, terwyl Stiaan Ackerman een paaltjie in vier beurte vir 22 lopies kon neem. Die besigheidsliga het op Sondag 16 Mei met twee wedstryde begin.

Slegs vier spanne het vanjaar ingeskryf.

In die eerste kragmeting om 10.48vm het Higveld Milling Honey Badgers BASF Bears die stryd aangesê. Highveld Milling het besluit om eerste te kolf, met PJ Venter wat 78 lopies van 53 balle aangeteken het.

Louis Bibbey het twee paaltjies in vier beurte vir slegs 16 lopies afgestaan.

BASF se Bibbey het 51 lopies van 31 balle aangeteken. Boy Quetello het een paaltjie in een beurt vir vyf lopies afgestaan.

Highveld Milling het uiteindelik op 139/5 na 20 beurte te staan gekom. BASF Bears het 141/3 op die telbord na 17,5 beurte gehad en die wedstryd met sewe paaltjies beklink. In die tweede kragmeting het Maximed Eagles teen Mica Mustangs te staan gekom. Maximed Eagles het besluit om eerste te kolf, met Dayne Young wat vir 64 van 48 balle voor die paaltjies was.

Jan Dirk van Dyk se boulwerk het op 3/24 in drie beurte te staan gekom.

Vir die Mica Mustangs het Donovan Uys 25 lopies aangeteken van 40 balle.

Elpee Jordaan het drie paaltjies in vier beurte vir slegs sewe lopies laat kantel.

Maximed Eagles het Mica Mustangs geklop en die wedstryd met 80 lopies beklink. Die wenner het 179/4 in 20 beurte aangeteken, terwyl hul teenstanders 99/5 op die telbord gehad het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button