Edelvalkers op Standerton laat nie windbuksskiet agterweë nie
Jako Steenkamp het in die seniorafdeling 143 punte aangeteken.
Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op Donderdag 21 April ’n windbuksskietoefening aangebied.
Skuts het in drie afdelings by die Standerton Skouterrein hul vaardighede geslyp.
Tydens die eerste sessie het die juniors die geleentheid gehad om aan te lê, met Johan Schoonraad wat kon spog met 147 punte.
Lara Pretorius het 143 aangeteken, Alaina Cronjé 138, Amberley van Niewenhuizen 137 en Montie Viljoen 134.
JC Naudé het in die penkopafdeling 136 punte behaal, gevolg deur Ulrich-Zach van Niewenhuizen met 132 en PW Hattingh met 131.
Kerneels Rautenbach het 126 aangeteken en JG Wessels 124.
Jako Steenkamp het in die seniorafdeling 143 punte aangeteken, met Michael Ellis wat is sy nek geblaas het, ook met 143.
Jaco Potgieter het 139 behaal en sowel Ivett van Rooyen as Jaco van der Merwe het 137 behaal.






