Local sportSport

Ou Toppies van Standerton troef teenstanders weer eens

Dié ligaspan het vir die vierde agtereenvolgende jaar koning gekraai.

Die Ou Toppies het op Saterdag 2 Julie teen eMalahleni (Witbank) twee van hul drie wedstryde in die eindstryd gewen.

Dié ligaspan het vir die vierde agtereenvolgende jaar koning gekraai.

Tydens die gebruiklike nege-putjie- en 18-putjie-kragmeting op Woensdag 29 Junie het Deon Grimsell en Theuns Adendporff onderskeidelik die septer geswaai.

Grimsell het 15 punte op die telkaart ingevul, gevolg deur Pieter Bester met 14, Donnie Taljaard met 10 en Freddie Welmans met 8.

Adendorff het 38 behaal, terwyl Patrizia Lombard 37 behaal het.

Mark Nortjé en Joré Nortjé het albei 36 aangeteken, met RJ Kinnear en Wikus Fourie wat albei 34 behaal het.

Attie Mouton het 33 aangeteken, gevolg deur die driestuks van Louis Gravett, Herman Mynhardt en Hennie Swanepoel, elk met 32.

Mark Nortjé en Ronald Kinnear het albei ‘n spog-twee behaal.

Werner Mouton in aksie op Saterdag 2 Julie.
Errol Harris van Standerton en Peet Gerber by die Standerton Buiteklub op Saterdag 2 Julie.
Werner Mouton maak reg vir sy sethou op Saterdag 2 Julie.
Die Ou Toppies het in eMalahleni met die louere weggestap. (Foto: Verskaf)
Werner Mouton hou die bal aandagtig dop.
Werner Mouton in aksie op Saterdag 2 Julie by die Standerton Buiteklub.
Peet Gerber van Pretoria in aksie op Saterdag 2 Julie.
Errol Harris en Peet Gerber maak op Saterdag 2 Julie van die geleentheid gebruik om ’n potjie sosiale gholf in te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button