Local sportSportStreeknuus

Jong Delmasser gaan Suid-Afrika in Amerika verteenwoordig

Duané het haar Protea-kleure verwerf en het gekwalifiseer om Suid-Afrika in Amerika in die junior 5-gang Amerikaanse ruiterkuns te verteenwoordig.

Die 12-jarige Duané Coetzer het vroeër vanjaar groot opslae tydens die Suid-Afrikaanse Amerikaanse Saalperd Protea-proewe gemaak.

Duané het gedurende Januarie op die rug van haar perd Man-O-Man aan die Protea-proewe in Somerset-Oos deelgeneem.

Sy het haar Protea-kleure verwerf en het gekwalifiseer om Suid-Afrika in Amerika in die junior 5-gang Amerikaanse ruiterkuns te verteenwoordig.

Die wêreld-kampioenskap vind op 21 Julie plaas.

Duané Coetzer (12) het haar Protea-kleure verwerf vir Ameriaanse ruiterkuns. Foto: Verskaf

Volgens Duané se afrigter, Dalene de Beer, ontvang Duané reeds sedert vyfjarige ouderdom by haar onderrig.

De Beer is die eienaar van die Casino Stalle in Rietkol.

“Duané het reeds van ’n baie jong ouderdom af talent gewys.

“Sy is ’n pragtige kind en ’n voorbeeld van uitstekende sportmanskap. Sy is ook pligsgetrou en oefen baie hard,” het De Beer gesê.

“Dit is ’n groot eer wat ons te beurt geval het en ek wil graag vir Duané baie voorspoed met haar deelname toewens.

“Ek het baie vertroue in haar en glo dat sy baie goed sal vaar tydens die kampioenskappe later die maand in Amerika,” het De Beer gesê.

Duané Coetzer saam met haar afrigter, Dalene de Beer. Foto: Verskaf

(Lees meer in ’n volgende uitgawe van Streeknuus oor Duané se deelname in Amerika.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button