Local newsSchoolsSport

Dellies se hokkie-bokkies wen groot

Die wedstryde het op 10 Junie op Dellies se tuisveld plaasgevind. Hoërskool Delmas is ook vanjaar die liga se gasheer.

Hoërskool Delmas se hokkiedogters het vir groot opwinding gesorg toe hulle al hul wedstryde in die kwarteindronde van die Gauteng-Oos liga gewen het.

Die wedstryde het op 10 Junie op Dellies se tuisveld plaasgevind. Hoërskool Delmas is ook vanjaar die gasheer van dié liga.

Na afloop van die wedstryde het die uitslae as volg daaruit gesien:

  • Die o14-span van Delmas wen met 2–0.
  • Die o15-span wen met 6–0.
  • Die o16-span wen met 4–0.
  • Die eerstespan van Dellies het vir Hoërskool Stoffberg met 3–1 geklop.
  • Die halfeindronde vind op 17 Junie by Hoërskool Delmas plaas.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button