Local newsLocal sportSportStreeknuus

Naelskraap wedstryd tussen Delmas Phoenix en Heidelberg

Met die blaas van die eindfluitjie het Heidelberg 22 punte teenoor Phoenix se 21 punte op die telbord gehad.

Delmas se Phoenix Rugbyklub het met een punt teen die span van Heidelberg verloor. Dié ligawedstryd is op 24 Junie op die tuisveld van Phoenix op Sundra voltrek.

Phoenix het met drie drieë en drie doelskoppe geslaag.

Met die blaas van die eindfluitjie het Heidelberg 22 punte teenoor Phoenix se 21 punte op die telbord gehad.

Phoenix se afrigter, Jandré Senekal bly steeds positief oor sy span se spel en prestasies tydens vanjaar se Valke Liga.

Volgens Senekal wag Phoenix vir bevestiging oor waar die klub van Delmas tans op die punteleer is.

Die volgende wedstryd in die liga is op 1 Julie in Vanderbijlpark teen die span van Vanderbijlpark.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button