Delmas Gimnastiekklub oes medaljes
Goud-, silwer- en bronsmedaljes is tydens die Springs Star-kompetisie wat op Saterdag, 23 Julie in Benoni aangebied was, ingepalm.
Jong gimnaste van die plaaslike gimnastiekklub het weer eens bewys dat hulle vir geen kompetisie terugstaan nie.
Goud-, silwer- en bronsmedaljes is tydens die Springs Star-kompetisie wat op Saterdag, 23 Julie in Benoni aangebied is, ingepalm.
In die 0/11-afdeling vir gemengde pare het Mia Kroukamp en Marcus van Staden ’n silwermedalje behaal.
Zannika de Jager, Dané Hurter en Mieke Kruger het in die 0/11-groepvertoning ook ’n silwermedalje verwerf.
In die 0/13 vroue-paar het Mika Kruger en Leane van der Merwe, sowel as Zannicka de Jager en Somila Ncube goud verower, terwyl Mia Kroukamp, Lindokuhle Masuku en Jolindi Struwig ’n bronsmedalje huis toe gebring het.
Florence Cindi, afrigter, het Streeknuus meegedeel dat die Mpumalanga-proewe op 27 Augustus op Delmas plaasvind.
“Daar is nog ’n paar uitdagings omdat ons vloerspasie te klein is en ook nie op standaard is nie.
“Ons glo egter dat ons genoeg borge sal kry ten einde die groot kompetisie suksesvol plaaslik te kan aanbied,” het Cindi gesê



