Local sport

André Botha wen ghongskiet-kompetisie op Bethal

Afgri Stallions is beste span vir die dag.

Laerskool HM Swart het op Saterdag, 30 Julie, ’n ghongskiet-kompetisie aangebied by die De Oudewerf Klipskuur.

Groot pryse was op die spel.

André Botha is die beste skut vir die dag, terwyl Deon de Villiers tweede geëindig het en Casper Uys derde.

Die beste span vir die dag was die Afgri Stallions met André Botha, Frederick Maritz, Naas Steyn en Stoffel Bester as spanlede.

Jeanine van Aarde is die beste skut onder die vroue, terwyl Izel Beylefeld tweede geëindig het en Marie Maritz derde.

Conrad de Kock is die beste skut onder die juniors en Henk Loubser is die Power-Ghong-wenner vir die dag.

Henk Loubser is die Power-Ghong-wenner vir die dag.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button