Local sport

Wikus Fourie beklink IPS-kompetisie by Standerton Buiteklub

Neville Ritchie, Attie Mouton en Peter Kilbourn (2) het op 30 Julie’n spog-twee behaal.

Wikus Fourie het op Saterdag 30 Julie die septer by die IPS-kompetisie geswaai nadat hy met 43 punte geëindig het.

Altesaam 17 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.

Louis Gravitte was in die tweede plek met 42, gevolg deur Hennie Swanepoel met 38 en Nick Momberg met 37.

Neville Ritchie het 34 aangeteken, terwyl Wessel van der Merwe 33 behaal het.

Nico Lombard, Aldo Arnaldi, Attie Mouton en Peter Kilbourn het 32 op die telkaart ingevul.

Ritchie, Mouton en Kilbourn (2) het ’n spog-twee behaal.

Jacques Scholtz het op Vrydag 29 Julie by die Sundowner-kompetisie geseëvier nadat hy 19 punte aangeteken het, met Ronald Kinnear in die tweede plek, ook met 19.

RJ Kinear het 18 behaal, terwyl Juan Nortjé, Brandon Geyser, André Burger en Herman Mynhardt elk 16 op die telkaart ingevul het.

Sowel Adri Mynhardt as Francois Cronjé het met 14 geëindig.

Scholtz en Nortjé het albei ’n spog-twee behaal.

RJ Kinnear in aksie op Saterdag 6 Augustus.
Aldo Arnaldi in aksie op Saterdag 6 Augustus tydens die maandelikse beker.
Jannie Nichols maak op Saterdag 6 Augustus gereed om af te slaan.
Ronald Kinnear in aksie op Saterdag 6 Augustus by die Standerton Buiteklub.
Deon Grimsell wag op Saterdag 6 Augustus sy beurt af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button