Local sportStreeknuus

Ruiter van Witpoort verwerf Gauteng-Noordkleure

Tydens die kampioenskap het Zanica in albei haar springklasse in vlak-3 vir die Gauteng-span, wat gedurende Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gaan deelneem, gekwalifiseer.

Laerskool Witpoort-leerder, Zanica Grobler, het na afloop van die ‘The South African National Equestrian Schools Association’ (SANESA) se kernliga-seisoen haar Gauteng-Noordkleure verwerf.

Sy het verder ook vir die SANESA Tshwane A-span gekwalifiseer.

Die SANESA Tshwane A-span het op 30 en 31 Julie aan die Gauteng-eindkampioenskap deelgeneem.

Zanica Grobler op die rug van haar perd, CG Aquarelle.

Tydens die kampioenskap het Zanica in albei haar springklasse in vlak-3 vir die Gauteng-span, wat gedurende Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gaan deelneem, gekwalifiseer.

Zanica en haar perd, CG Aquarelle, het ’n derde plek in die normale-kompetisieklas behaal.

Dié perd- en ruiter-span het ook ’n 10de plek in die A2-kompetisieklas behaal.

Bernice van Staden het namens Laerskool Witpoort en sy personeel vir Zanica baie geluk gewens met haar uitstekende prestasie.

“Ons is baie trots op jou.”

Zanica Grobler met haar rosette.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button