Jannie Nichols wen Standerton Buiteklub se Maandelike Beker
Nichols het sy naam gestand gedoen deur op Saterdag 6 Augutus die A-afdeling van die maandelikse beker te beklink.
Gerrit Coetzee het die septer op Vrouedag, 9 Augustus by die Standerton Buiteklub geswaai nadat hy 37 punte opgestapel het.
Altesaam 20 spelers het aan die IPS-kompetisie deelgeneem.
Wessel van der Merwe, Damian Brink en Nick Momberg het elk 36 aangeteken, terwyl Deon Grimsell 35 behaal het.
Attie van der Westhuizen het 34 aangeteken, gevolg deur Jannie Nichols en Joré Nortjé wat albei 32 op die telkaart ingevul het.
Patrizia Lombard en Jacques Scholtz het albei met 31 geëindig.
Johan Brink het ’n spog-twee behaal.

Nichols het sy naam gestand gedoen deur op Saterdag 6 Augutus die A-afdeling van die Maandelikse Beker te beklink.
Hy het met ’n netto van 71 geëindig en ’n spog-twee op die koop toe behaal.
RJ Kinnear het die tweede plek behaal, ook met ’n netto van 71, gevolg deur Juan Nortjé en Andrew Harper, albei met 75.
Joré Nortjé het 76 aangeteken, terwyl Brandon Geyser 76 en Ronald Kinnear 80 behaal het.
Stephen Nortjé het 81 op die telkaart ingevul, gevolg deur Theuns Adendorff met 85 en Casper Roux met 87.
Werner Mouton het met sy netto van 68 in die B-afdeling geseëvier, gevolg deur Attie Mouton met 71.
Grimsell en Aldo Arnaldi het albei 72 aangeteken. asook elk ’n spog-twee behaal, terwyl André Burger op 76 te staan gekom het.
Willie van Wyk het met 87 geëindig en Patrizia Lombard met 87.
Clara Smit het in die C-afdeling die eerste plek met ’n puntetelling van 36 verwerf, gevolg deur Daan Naudé met 34 en Van der Merwe met 31.

Momberg het 29 op die telkaart ingevul, terwyl Fanie Both 26 en Scholtz 28 aangeteken het.
Herman Mynhardt was onoorwonne op Vrydag 5 Augustus tydens die Sundowner-kompetisie by die Standerton Buiteklub.
Die wedywering is oor nege putjies beslis.
Mynhardt het ’n netto van 31 aangeteken, gevolg deur Ronald Kinnear met 34 en RJ Kinnear met 35.
Riaan Starbuck het 36 behaal, terwyl Wian Starbuck 37 op die telkaart ingevul het.
Adri Mynhardt het met 41 geëindig.



