Saalperdskou binnekort op Standerton
Altesaam drie goedgekwalifiseerde beoordelaars van Bloemfontein sal die puntetelling behartig.
Standerton Saalperdskou sal op 16 en 17 September by die Standerton Skouterrein plaasvind.
Dié skou is in die verlede saam met die Hoëveldskou aangebied, maar vanjaar sal skougangers slegs dié streekskou kan bywoon.
Elke provinsie bied gewoonlik drie streekskoue ’n jaar aan en ruiters van Gauteng, Mpumalanga en die Vrystaat sal op Standerton te sien wees.
Met ’n program wat oor twee dae strek, sal sowat 200 ruiters in die skouring hul perde deur die passies sit, met afrigters wat sal toekyk.
Altesaam drie goedgekwalifiseerde beoordelaars van Bloemfontein sal die puntetelling behartig.
Volgens die saalperdskoukomitee, is die reëlings goed op dreef om ’n aanskoulike byeenkoms aan te bied.




