Local sport

43 hengelaars van Meyerville Hengelklub vang byna 200 vis op Standerton

Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.

Tydens Meyerville Hengelklub se onlangse kompetisie by Grootdraaidam, het 43 hengelaars, waarvan vyf besoekers, 196 vis met ’n gewig van 134.420kg wal gebring.

Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.

Johan Kruger het in die meestersafdeling geseëvier met 17 vis van 18.860kg, gevolg deur Danie Human met 10 vis van 5.500kg en Peet Erasmus met ses vis van 9.000kg.

Erasmus het die vis van die dag ingeweeg.

Shawn Munro het die seniorafdeling gewen met 17 vis van 10.000kg, gevolg deur Richard Hills met 14 vis van 9.680kg en Graeme Douglas met 12 vis van 6.520kg.

Adolf Schonken het die vis van die dag vasgekap.

Louisa Nel het in die vroueafdeling eerste geëindig met sewe vis van 3.400kg, terwyl Ilene Schonken tweede was met vyf vis van 2.240kg en Marianne Erasmus derde met vier vis van 2.300kg.

Erasmus het die vis van die dag gevang

Germarie Pretorius was eerste in die juniorafdeling met twee vis van 1.020kg.

Ty Mortlock het die penkopafdeling gewen met vyf vis van 3.400kg, gevolg deur HJ van Loggerenberg met vier vis van 3.660kg en Luanco Smit met twee vis van 1.080kg.

HJ het die vis van die dag gevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button