Local sport

Hengelaars trek grootes uit op Trichardt

Rudi wen afdeling vir swaarste sak visse.

Hengelaars van die Secunda Hengelklub het op Saterdag, 14 Augustus by Trichardtsfonteindam meegeding en Rudi Pretorius is die wenner vir die swaarste sak vis wat 3.02kg geweeg het.

Hy het in totaal agt visse gevang.

Zukisa Thwala is die wenner onder die senior hengelaars en het die grootste karp gevang wat 2.59kg geweeg het.

Louis Ebersohn is die beste hengelaar onder die juniors en het agt visse gevang wat 2.34kg geweeg het, terwyl Elsie Fourie die beste hengelaar onder die vroue was met haar vis wat 0.76kg geweeg het.

Altesaam 18 hengelaars het aan diƩ klubkompetisie deelgeneem en het 61 visse gevang wat 23.03kg geweeg het.

Louis Ebersohn is die wenner onder die junior hengelaars.
Rudi Pretorius is die wenner van die swaarste sak vis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button