Gholfspelers pak die baan by Standerton Buiteklub aan
Joré Nortjé het die voortou op Saterdag 20 Augustus geneem toe hy die IPS-kompetisie gewen het deur 36 punte aan te teken.
Gholfspelers by die Standerton Buiteklub het oudergewoonte op Woensdag 24 Augutus aan die nege-putjie- en 18-putjie-kragmetings deelgeneem.
Donnie Taljaard het by die eerste wedywering met 19 punte geseëvier, gevolg deur sowel Nick Momberg, as Andrea Hipkin, met 18 punte.
Deon Grimsell het 16 aangeteken, terwyl Patrizia Lombard, Freddie Welmans en Adri van der Linde elk 14 behaal het.
Neville Ritchie het 12 op die telkaart ingevul.
Mark Nortjé het die tweede wedywering beklink met ’n puntetelling van 41, gevolg deur Theuns Adendorff, ook met 41.
Ronald Kinnear het 40 aangeteken, terwyl Malan van der Merwe en Gert du Preez albei 36 behaal het.
Wikus Fourie het op 35 te staan gekom, gevolg deur Francois Cronjé met 34.
Sowel Henk Botha, as Louis Gravett, het met 33 geëindig, terwyl Joré Nortjé 32 behaal het.
Adendorff en Kinnear (2) het ’n spog-twee behaal.
Joré Nortjé het die voortou op Saterdag 20 Augustus geneem toe hy die IPS-kompetisie gewen het deur 36 punte aan te teken.
Altesaam 19 spelers het by die Standerton Buiteklub meegeding.
Gerrit Coetzee het die tweede plek met 35 behaal, gevolg deur Mark Nortjé met 34 en Nico Lombard met 33.
RJ Kinnear het met 31 geëindig, terwyl die driestuks van Adendorff, Kobie Coetzee en Fanie Botha elk 30 aangeteken het.
Attie van der Westhuizen en Aldo Arnaldi het albei 29 op die telkaart ingevul.
Kinnear, Kobie Coetzee en Grimsell het ’n spog-twee behaal.
Tydens die vorige dag se Sundowner-kompetisie, het Fourie geseëvier.
Fourie het 21 by die IPS-kompetisie aangeteken, gevolg deur Jaco Sutherland, ook met 21.
Ricus van den Hoven het 17 behaal, terwyl Gerrit Coetzee op 15, Werner Mouton op 13 en Gravett op 10 te staan gekom het.








