Local sport

Gholfsplers sê mekaar die stryd by die Standerton Buiteklub aan

Lombard het met 20 punte geëindig en Van der Merwe met 39.

Patrizia Lombard en Wessel van der Merwe was onderskeidelik die wenners by die nege-putjie- en 18-putjie-gholfkragmeting op Woensdag 31 Augustus.

Lombard het met 20 punte geëindig en Van der Merwe met 39.

Die wedywerings by die Standerton Buiteklub word in IPS-formaat beslis.

Deon Grimsell het by die eerste kragmeting die tweede plek behaal nadat hy 19 punte aangeteken het, gevolg deur Donnie Taljaard met 14 en Freddie Welmans met 13.

Herman Mynhardt het op 6 te staan gekom en Alanda Vienings op 5.

Stephen Nortjé se 37 punte het aan hom die tweede plek besorg by die tweede wedywering, gevolg deur Henk Botha en Francois Cronjé, albei met 35.

Die driestuks van Ronald Kinnear, Attie Mouton en Kobie Coetzee het elk 33 aangeteken, terwyl Gert du Preez en Gerrit Coetzee albei 31 op die telkaart ingevul het.

Louis Gravett het die agterhoede gevorm met ’n telling van 30.

Slegs een spog-twee is behaal deur Nortjé.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button