Local sportStreeknuus

Anton Nel se boks- en fiksheidklub op Bronkies nou ’n werklikheid

Hy het gaste ingelig oor hoe hy sy lewe vir die Here gegee het en hoe dankbaar hy is vir die pad wat vir hom uitgesit is en waartydens hy binne die bestek van een maand sy boks- en fiksheidklub op Bronkhorstspruit kon open.

Drie keer SA-titelhouer in boks, Anton Nel, se droom het uiteindelik waar geword.

Hy het sy boksklub geleë in Von Willichstraat op Bronkhorstspruit op Saterdag, 3 September amptelik geopen.

Familie en vriende van sover as Groblersdal en Welkom het die opening bygewoon.

Dit was ’n gesellige geleentheid waar baie boks-herinneringe, lekker lag en gesels gedeel is.

Herold Volbrecht, ’n legende in bokskringe en ’n man saam met wie Nel al ’n lang pad stap, het die opening bygewoon.

Die legendariese oud-bokser Herold Volbrecht saam met Anton Nel.

Volbrecht was ’n Suid-Afrikaanse kampioen wat sy titel 19 keer verdedig het.

Nog ’n bekende wat die oggend saam geniet het, was Phillip Ndou, in bokskringe ook bekend as ‘The Time Bomb’.

Ndou is ’n wêreldkampioen en het op sy tyd bokshandskoene teen Floyd Maywheather opgetel.

Ndou en Nel ken mekaar reeds sedert 1996.

Deon Viljoen, Herhold Volbrecht, Anton Nel en Azad Laher tydens die opening van die klub op Bronkhorstspruit.

Die legendariese bokser, Brian Mitchell, kon nie die verrigtinge bywoon nie, maar hy het wel onderneem om ’n spesiale dag in die toekoms te reël wanneer belangstellendes en aanhangers hom by die klub kan ontmoet.

Nel het in sy openingstoespraak sy dank teenoor die Here uitgespreek.

Hy het gaste ingelig hoe hy sy lewe vir die Here gegee het, en hoe dankbaar hy is vir die pad wat vir hom uitgesit is en waartydens hy binne die bestek van ’n maand sy boks- en fiksheidklub op Bronkhorstspruit kon open.

Phillip Ndou oorhandig hier ’n getekende bokshandskoen as geskenk aan Anton Nel.

Nel het verder gesê dat die klub se deure vir elkeen, oud en jonk, oopstaan en dat behalwe vir boksklasse, hy ook fiksheidsklasse gaan aanbied.

“Dit moet ’n bymekaarkom plek wees vir jonk en oud, mans en vroue. ’n Plek waar die publiek van die dag se spanning en daardie oortollige gewig kan ontslae raak.”

Nel het die gimnasium se aandeelhouers vir die geleentheid wat hulle hom gee om sy droom te bewaarheid, bedank.

’n Gelukkige trekking vir ’n maand se gratis boksklasse is deur Wouter Viljoen gewen.

Anton Nel wys trots sy getekende bokshandskoen wat hy as geskenk van Phillip Ndou ontvang het.

“Ek wil ook vir my verloofde, Jane Seward, dankie sê dat sy hierdie fight saam met my gaan fight,” het Nel gesê.

“Never give up on life, stand up and fight your fight till the end. Win or lose, you will always be a champ,” het Nel afgesluit.

Belangstellendes word genooi om vir Nel by 071 864 4040 te kontak vir besonderhede hoe om aan te sluit en hul eerste gratis sessie te bekom.

Herhold Volbrecht en gelukkige prystrekking-wenner, Wouter Viljoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button