Local sport

Toppies reken behoorlik met Graceland af

Joré Nortjé het op Saterdag 11 Februarie die A-afdeling van die maandelikse beker met ’n netto van 73 beklink.

Standerton se Toppies het 6 – 0 met Graceland in ’n ligawedstryd op Saterdag 25 Februarie klaargespeel.

Spelers het die kans op 23 Februarie benut om na die Standerton Buiteklub onder water was, ’n potjie gholf in te kry.

Deon Grimsell se 19 punte oor nege putjies by die IPS-kragmeting het hom die voortou laat neem.

Aldo Arnaldi en Wessel van der Merwe het met 15 punte geëindig,gevolg deur Gerrit Nel se 14 en Donnie Taljaard se 11.

Van der Merwe het ’n spog-twee behaal.

Johan Griesel was onoorwonne oor 18 putjies met ’n puntetelling van 36, gevolg deur Jabbies Lotz met 33.


READ MORE: Secunda karatekas excel in championship


Patrizia Lombard het op 32 te staan gekom, terwyl Willie Griesel 31 aangeteken het.

Herman Mynhardt het 30 op die telkaart ingevul, gevolg deur Nico Lombard met 28 en Tollie Schoeman met 20.
Patrizia Lombard het ’n spog-twee behaal.

Joré Nortjé het op Saterdag 11 Februarie die A-afdeling van die maandelikse beker met ’n netto van 73 beklink.
Altesaam 27 spelers het in drie afdelings meegeding.

RJ Kinnear het 74 aangeteken, gevolg deur Innocent Dhladhla, Jannie Nichols en Casper Roux wat elk 75 op die telkaart ingevul het.

Stephen Nortjé het op 76 te staan gekom, terwyl Waldie van der Westhuizen met 77 geëindig het.

Kobie Coetzee het 78 behaal, gevolg deur Gert du Preez se 79, Ronald Kinnear se 80 en Attie van der Westhuizen se 81.


READ MORE: Rugbyspanne lewer top rugby by vriendskaplike kragmeting op Cullinan


Van der Westhuizen (2) het ’n spog-twee behaal.

Johan Brink het die voortou in die B-afdeling geneem met ’n netto van 69, gevolg deur Nelis Eksteen en Ricus van den Hoven wat albei 71 aangeteken het.

Deon Grimsell het met 73 geëindig, terwyl Willie Griesel 75 aangeteken het. Theuns Adendorff het op 76 te staan gekom, terwyl Aldo Arnaldi en Ricus White albei 78 behaal het.

Johan Griesel en Nico Lombard het albei met 80 geëindig, terwyl sowel Mark Nortjé as Wikus Fourie 83 behaal het.

Van den Hoven, Griesel, Arnaldi (2) en Lombard (2) het in dié afdeling ’n spog-twee behaal. Fanie Botha het met 35 punte in die C-afdeling geseëvier, gevolg deur Wessel van der Merwe met 33.

Frikkie Eksteen het 31 aangeteken en Jacques Scholtz 30.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button