Local sport

Gholfspelers gee mekaar opdraande by Standerton Buiteklub

Ronald Kinnear het op 11 Maart die A-afdeling van die maandelikse beker beklink.

Gholfspelers by die Standerton Buiteklub het in verskillende formate meegeding.

Die gebruiklike IPS-wedywering op 15 Maart oor nege putjies en 18 putjies het 27 gholfspelers gelok.

Deon Grimsell het in eersgenoemde die septer geswaai met 20 punte, gevolg deur Donnie Taljaard met 18 en Nick Momberg met 17.

Gerrit Nel het 14 aangeteken en Freddie Welmans 6.

Patrizia Lombard het eerste oor 18 putjies geëindig met 38 punte, terwyl Kobie Coetzee 37 op die telkaart ingevul het.

Attie Mouton het op 36 te staan gekom, gevolg deur Gerrit Coetzee met 35.

Sowel Herman Mynhardt as Joré Nortjé het met 34 geëindig, gevolg deur Nico Lombard en Gerhard Brits wat albei 32 behaal het.

Theuns Adendorff en Jacques Erasmus het albei 31 aangeteken.

Nico Lombard het ’n twee behaal.

Ronald Kinnear het op 11 Maart die A-afdeling van die maandelikse beker beklink.

Altesaam 40 spelers het mekaar die stryd aangesê.

Kinnear het met ’n netto van 66 geëindig, gevolg deur Joré Nortjé met 69 en Malan van der Merwe met 70.

Leon Myburg het op 71 te staan gekom, terwyl Andrew Harper 73 aangeteken het.

Innocent Dhladhla, Attie van der Westhuizen, Casper Roux, RJ Kinnear en Gerrit Coetzee het elk 74 op die telkaart ingevul.

Ronald Kinnear en Myburg het albei ’n twee behaal.

Patrizia Lombard het die vroue-afdeling gewen met haar netto van 70.

Rikus White was onoorwonne in die B-afdeling met sy netto van 68, gevolg deur Werner Mouton wat 70 aangeteken het.

Attie Mouton het op 71 te staan gekom, met Aldo Arnaldi op 72 en Mark Nortjé op 73.

Nico Lombard het 73 aangeteken, gevolg deur Jacques Nel met 74 en Adendorff met 76.

Vivian Seager het met 77 geëindig, terwyl Wikus Fourie en Johan Brink albei 78 behaal het.

Peter Lloyd het 88 op die telkaart ingevul.

Arnaldi en Brink het albei ’n twee behaal.

Fanie Botha was die wenner in die C-afdeling met 41 punte, gevolg deur Wessel van der Merwe met 37.

Herine van der Merwe het met 39 geëindig, terwyl Herman Mynhardt en Jacques Scholtz albei 33 aangeteken het.

Jaco Kruger het 28 op die telkaart ingevul, gevolg deur Adri Mynhardt en Gerhard Van Rheede van Oudtshoorn met 24.

Johan Brits het met 20 geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button