Local sport

Standerton se Spring Chickens klop Middelburg en Toppies klop Volksrust

’n IPS-kompetisie op 24 Januarie by die Standerton Buiteklub het twee wenners, Nick Momberg en Gert du Preez opgelewer.

Die Spring Chickens het Middelburg die afgelope naweek met 6 – 2 op Middelburg getroef, terwyl die Toppies tuis nie wraak kon neem teen Morgenzon nie en met 5-1 geklop is.

Die ander Toppies-span het Volksrust tuis 6-0 geklop.

’n Betterball kompetisie het ook plaasgevind vir diegene wat nie aan die ligawedstryde deelgeneem het nie.
’n IPS-kompetisie op 24 Januarie by die Standerton Buiteklub het twee wenners, Nick Momberg en Gert du Preez opgelewer.

Momberg het oor nege putjies met 19 punte geseëvier en Du Preez met 38.

Mark Nortjé het met 17 punte geëindig oor nege putjies, gevolg deur Donnie Taljaard, Neville Ritchie en Freddie Welmans wat elk 16 aangeteken het.

Gerrit Nel het 12 op die telkaart ingevul.

Gerrit Coetzee was tweede oor 18 putjies met 37, gevolg deur Damian Brink en Patrizia Lombard wat albei 36 aangeteken het.

Wessel van der Merwe, Johan Brink en Stephen Nortjé het elk met 35 huiswaarts gekeer, terwyl Ronald Kinnear, Hennie Swanepoel en Christo Jooste elk met 33 geëindig het.

Du Preez, Lombard, Kinnear, Johan Griesel en Kobie Coetzee het elk ’n spog-twee behaal.

Die Hoëveld-Suid se vroueliga het op 23 Januarie meegeding met spanne Standerton A, Standerton B, Ermelo, Volksrust, Flexiforce en Piet Retief wat mekaar die stryd aangesê het.

Hulle het hul borge Maximed Apteek, SuperSpar, Overland, Michelle Kukkuk, Christian Dietrichs, Beauty Aesthetics, Andrea Hipkin, Adri van der Linde, Ronel Starbuck en Appledew Gastehuis vir die bydraes bedank.
Die dag was ‘n reuse sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button