Local sportStreeknuus

Bronkies-blits is tans by Afrika-kampioenskap

Werner Gouws neem aan die 800m-wedloop vir o20-atlete.

Werner Gouw van Bronkhorstspruit neem tans deel aan die o18- en o20-Afrika-atletiekkampioenskap in Abeokuta, Nigerië. Dié matriekleerder aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria is vir die Suid-Afrikaanse o20-span gekies ná sy puik vertoning tydens die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekkampioenskap by Groenpunt, Kaapstad, vroeër vanjaar.

Werner het daar die 800m-wedloop vir mans o20 gewen. Hy is daarna genooi na die senior SA-kampioenskap in Potchefstroom.

Die Afrika-kampioenskap vind van 16 tot 20 Julie plaas, en die jong atleet sal ook hier aan die 800 m-wedloop deelneem. Werner is ’n oud-leerder van Laerskool Du Preez van Wyk. In ’n vorige onderhoud met Streeknuus het hy vertel dat die Olimpiese Spele sy uiteindelike doelwit is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button