Meyerville-hengelaars vereer en presteer
Marli Engelbrecht is aangewys as die vrouekampioen en Richard Hills as manskampioen.
Die Meyerville Hengelklub het op 3 Oktober sy jaarlikse jaareindfunksie by Jonkersdam gehou om hengelaars se prestasies te erken.
Marli Engelbrecht is as vrouekampioen aangewys, terwyl Richard Hills die manskampioentitel verower het.
Tydens die klub se maandelikse hengelkompetisie op 10 Oktober het 89 hengelaars, waaronder 11 besoekers, deelgeneem. Altesaam 231 visse met ’n gesamentlike gewig van 316,32 kg is gevang.
Die uitslae was soos volg:
Veterane: Bossie Bosman eerste met vier visse (6,98kg), Solly du Pree tweede met vier (5,57kg) en Peet Erasmus derde met drie (5,48kg). Du Pree het die vis van die dag gevang.
Meestermans: Shane Gobinpershad eerste met vyf visse (9,82kg), Richard Hills tweede met sewe (6,4kg) en Hennie van Jaarsveld derde met agt (4,4kg). Gobinpershad het die vis van die dag gevang.
Seniors: Flippie van Vuuren eerste met 10 visse (28,06kg), Riaan Engelbrecht tweede met 13 (18,56kg) en Nico van Jaarsveld derde met 11 (15,6kg). Van Jaarsveld het die vis van die dag gevang.

Meestervroue: Magda Visagie eerste met agt visse (16,76kg), Sonya van der Walt tweede met sewe (10,8kg) en Charmaine van Blerk derde met vyf (4,4kg). Van der Walt het die vis van die dag gevang.
vroue: Marli Engelbrecht eerste met 10 visse (12,08kg), Yolandi du Toit tweede met sewe (5,82kg) en Ilse van Rensburg derde met drie (1,94kg). Engelbrecht het die vis van die dag gevang.
Juniors: Weanco Lottering eerste met drie visse (5,74kg), Michael van Jaarsveld tweede met drie (2,18kg) en Keanu Lottering derde met twee (3,06kg). Lottering het die vis van die dag gevang.
Junior-juniors: RJ Zurcher eerste met twee visse (4,36kg) en Kyle Reddy tweede met drie (1,36kg). Zurcher het die vis van die dag gevang.
Penkoppe: Hunter Draper was eerste met een vis van 1,42kg en het ook die vis van die dag gevang.



