Soné (5) het dringend hulp nodig
STANDERTON – Soné Janse van Rensburg (5) is Leon en Nelie Neuville, jarelange inwoners van Standerton, se kleindogter. Haar ma, Annelise, het grootgeword op Standerton, maar later na Parys verhuis. Soné is in 2010 toe sy net twee jaar oud was met neuroblastoom, kanker op haar bynier, gediagnoseer. Sy het baie behandelings ondergaan, maar die …
STANDERTON – Soné Janse van Rensburg (5) is Leon en Nelie Neuville, jarelange inwoners van Standerton, se kleindogter.
Haar ma, Annelise, het grootgeword op Standerton, maar later na Parys verhuis.
Soné is in 2010 toe sy net twee jaar oud was met neuroblastoom, kanker op haar bynier, gediagnoseer. Sy het baie behandelings ondergaan, maar die kanker het steeds versprei en dit is nou in haar bene en beenmurg. In Suid-Afrika is daar medies niks meer wat vir haar gedoen kan word nie.
Die enigste alternatief is mediese behandeling in Amerika.
Daar moet R300 000 vir die behandeling ingesamel word.
Sy is tans op morfien om die pyn te probeer beheer en weeg 10kg.
‘
n Trustrekening is vir Soné gestig.
ABSA Parys.
Takkode 334836.
Rekeningnommer 407 444 9983.
Verwysing: Soné.
Vir elke donasie wat reeds gemaak is, sê die familie, uit hulle harte, baie dankie.
“Dit is ons prinses en ons sal alles in ons vermoë doen om haar te help,” het haar ouma gesê.



