Editor's choiceEditor's note

Spekvet en gesond

Dans in die reën, lag vir jouself, kry ’n huppel in jou stap en vat vanjaar groot happe uit die lewe totdat jou broek uit sy nate wil bars!

Dit is die begin van ’n nuwe jaar en die magies is rond en vol en die beursies is leeg, behalwe vir die strokies van herinneringe.

Ek het maar besluit om my hare af te skeer voordat ek terugkeer werk toe, sodat mense vra waar die hare heen is in stede van waarheen die maag gegroei het.

Ek hoop dat almal wat met verlof was dit terdeë geniet het en dat daar vir dié wat moes werk, tog ’n blaaskans voorlê.

Dis nou tyd om aan te beweeg en te vergeet van al die gisters wat met hartseer omsoom was.

Sien dié jaar as ’n geleentheid om jouself te verryk.

Dans in die reën, lag vir jouself, kry ’n huppel in jou stap en vat vanjaar groot happe uit die lewe totdat jou broek uit sy nate wil bars!

Hou vas aan jou waardes, jou ware vriende en mense wat werklik saak maak.

Vergeet van die suurknolle, die vrede-diewe, die skinderbekke, gifappeltjies en alles en almal wat jou bloeddruk gaan opjaag.

Ten slotte, voorspoed vir 2015, Mag God jou seën en jou bederf!

Wayne van der Walt, Redakteur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button