Editor's note

Vanuit my Pen

Is Suid-Afrikaners gereed vir totale ineenstorting van Eskom se kragnetwerk?

Gaan Eskom uiteindelik die oorsaak wees van ons terugkeer na donker Afrika?

Na aanleiding van berigte in nasionale koerante verlede week, is ’n algehele ineenstorting van die kragnetwerk dalk ons voorland.

Indien dit wel gebeur, wie gaan ons uit die gemors kan help?

Dit sal ten minste twee weke neem om die stelsel weer aan die gang te kry, maar daarvoor word 43 300MW benodig en ek glo nie daar is ’n land in Afrika wat ons daarmee sal kan help nie.

Om die waarheid te sê, ons voorsien self krag aan baie lande in Afrika.

Ek vra myself af waarom die Amerikaanse ambassade skielik ’n noodontruimingsprosedure van stapel gestuur het.

Só ook ons regering.

Tydens ’n algehele ineenstorting van Eskom se kragnetwerk, kan ons ongekende oproer en ’n ineenstorting van die ekonomie in die land verwag.

Die prys van brandstof en gas gaan styg en dalk gou nie meer te koop wees nie.

Wat van die bankstelsel? Sal ons kan geld trek?

Mense gaan nie water hê nie, want die waterpompe gaan nie werk nie.

Die polisiediens en weermag sal ons nasionale sleutelpunte, soos onder andere Sasol, SABC Nelspruit, al die kragstasies en die Tansnet-pyplyne in Mpumalanga moet beskerm.

Daar is nagenoeg 206 sulke nasionale sleutelpunte.

Ek glo nie Suid-Afrika is hoegenaamd gereed vir só ’n krisis nie, wat nog te sê van Jan Publiek?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button