Skole-rinbal begin op Secunda

Die klub beplan om op Donderdagaand om 18:00 ’n oefenaand vir kinders te hou.

Die Sasol Secunda Ringbalklub nooi skole hul leerders om by dié sport betrokke te raak.

Die klub beplan om op Donderdagaand om 18:00 ’n oefenaand vir kinders te hou.

Hulle hoop om op die samestelling van spanne vir kinders te fokus wat later aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms kan deelneem.

Die klub is deel van die Mpumalanga Noord Ringbal Distrik (MNRD) wat ook onlangs as Ringbal Suid-Afrika se Distrik van die Jaar aangewys is.

Hulle spog ook met groot geeste in die Suid-Afrikaanse ringbalkringe.

Corrie Potgieter is die spanbestuurder van MNRD mans B-span en is ook onlangs as Ringbal SA oudemeester-spanbestuurder verkies.

Sy vrou Ansa is die spanbestuurder van MNRD se meesters vroue en is onlangs gekies om die spanbestuurder te wees van Ringbal SA se meester vroue-uitnodigingspan.

Hul seun, Pottie Potgieter is ’n MNRD- en Ringbal SA-skeidsregter en is ook onlangs gekies as die spanbestuurder van Ringbal SA se seuns 0/11-span.

Vir meer inligting, skakel vir Corrie Potgieter by 082 939 1189.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button