Hoërskool Hugenote

Mnr Frans Styger, hoof van Hoërskool Hugenote, is hoog in sy noppies met die akademiese prestasie van HUGIE-matrikulante 2022.  Benewens die 100% slaagsyfer, wat beteken al 196 HUGIES wat die eksamen afgelê het, slaag, is daar nog meer rede vir opgewondenheid. In hierdie groep het 79,59% universiteitstoelating, 17,85% kwalifiseer vir diplomastudies en net 2,55% het ‘n gewone matrieksertifikaat.  Mnr Styger loof sy toegewyde personeel en is dankbaar vir leerders wat baie hard gewerk het.

Hoërskool Hugenote se TOPKANDIDAAT van 2022 is Caro du Toit.  Sy het agt onderskeidings behaal nl. Afrikaans (92%), Engels (94%), Wiskunde (97%), Fisiese Wetenskap (91%), Lewensoriëntering (93%), Rekenaartoepassingstegnologie (93%), Lewenswetenskap (87%) en Religiestudies (91%).  Sy wil graag Elektroniese Ingeneurswese by die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Caro se belangstelling lê in die moderne tegnologieë wat toenemend met die mens integreer en sy sal graag meer daaroor wil leer. Sy geniet wiskunde en sien uit om dit steeds, na skool, in haar alledaagse lewe te kan gebruik.  Caro geniet dit om haar kreatiwiteit in die tuin sowel as in die kombuis uit te leef omdat sy haar eie groentetuin verbou en graag lekkernye bak. Om berge te klim en tyd in die buitelug te spandeer, is vir haar al tweede natuur en op die netbalbaan en agter storieboeke, voel sy net so tuis.

Hoërskool Hugenote se tweede beste uitblinker in die 2022-matriekeksamen is Carina van Zyl.  Sy het ook agt onderskeidings behaal naamlik Afrikaans (88%), Engels (92%), Wiskunde (92%), Lewensoriëntering (85%), Fisiese Wetenskap (89%), Rekenaartoepassingstegnologie (88%), Lewenswetenskap (82%) en Dramatiese kuns (83%).  Haar groot liefdes is lees, reis, fotografie, kook en bak. Sy beplan om ‘n “gap jaar” te vat waarin sy in Europa gaan werk en reis. Daarna gaan sy meganiese ingenieurswese studeer by die universiteit van Pretoria. Sy wil ‘n beroep in omgewings- of ruimtevaart ingenieurswese volg.

Nog een van Hoërskool Hugenote se uitblinkers in die 2022-matriekeksamen is Simoné Fasen.  Sy het het agt onderskeidings behaal en dit is in Afrikaans (80%), Engels (87%), Wiskundige Geletterdheid (84%), Rekeningkunde (80%), Lewensoriëntering (87%), Rekenaartoepassingstegnologie (80%), Besigheidstudies (85%) en Dramatiese kuns (90%).  Sy wil graag ‘n graad verwerf en vir haar ‘n goeie werk eendag kies waar sy haar potensiaal kan benut. Sy wil iets doen wat haar elke dag sal uitdaag. Simoné se stokperdjies is die musiek, drama en kuns. Haar passies is lees, stap, gemeenskapsdiens en kalligrafie.

Brent Whitcomb van Hoërskool Hugenote het sewe onderskeidings in die 2022 matreikeksamen behaal.  Hy het presteer in Afrikaans (85%), Engels (90%), Wiskunde (96%), Fisiese Wetenskap (84%), Lewensoriëntering (90%), Rekenaartoepassingstegnologie (90%) en Rekeningkunde (92%). Brent beplan om in 2023 sy studies vir ‘n Baccalaureus graad in Rekeningkunde by Stellenbosch Universiteit te begin. Hy wil graag ‘n geoktrooieerde rekenmeester word en mik ook om buitelands te gaan werk, verkieslik in ‘n Europese land soos Switserland! Hy geniet dit om te lees, is mal oor musiek luister en geniet visvang en jag, asook om so nou en dan te dans! Sy gunsteling vakke op skool was Wiskunde en Rekeningkunde. Hy streef elke dag daarna om iemand te wees wat sy jonger self nodig gehad het.

Niké Matthysen, die 2022-hoofmeisie van Hoërskool Hugenote het sewe onderskeidings in die Senior Sertifikaateksamen behaal.  Sy presteer in Afrikaans (85%), Engels (87%), Wiskunde (88%), Fisiese Wetenskap (81%), Lewensoriëntering (87%), Rekenaartoepassingstegnologie (86%) en Lewenswetenskap (83%). Niké se kop staan Kaap toe om fisioterapie by Stellenbosh Universiteit te gaan studeer. Sy wil graag ‘n verskil in mense se lewens maak en hou daarvan om met mense te werk. Sy hou baie van sport en om aktief te wees. Atletiek is haar passie. Haar vriende is vir haar baie belangrik en sy geniet dit om tyd saam met hulle deur te bring. Haar lewensmotto is: “Have no regrets.”

Hugenoot Bronwyn Booyse het sewe onderskeidings in die 2022 matriekeksamen behaal.  Sy het die 80%-merk gehaal in Afrikaans (83%), Engels (88%), Lewensoriëntering (88%), Wiskunde (89%), Rekeningkunde (85%), Rekenaartoepassingstegnologie (88%) en Ingenieursgrafika en Ontwerp (90%). Haar plan is om by die Universiteit van Pretoria gaan studeer om ‘n elektroniese ingenieur te word sodat sy haar passie vir fisika kan uitleef. Sy geniet dit om te lees en met haar honde te speel.  Haar gunsteling sêding is: “You didn’t come this far to only come this far.”

Hoërskool Hugenote se Cathlyn Enslin het ses onderskeidings behaal in die 2022 matriekeksamen.  Haar prestasie is in Engels (84%), Lewensoriëntering (84%), Wiskundige Geletterdheid (90%), Rekenaartoepassingstegnologie (88%), Besigheidstudies (82%) en Lewenswetenskap (80%). Sy beoog om verpleegkunde te studeer, sy geniet dit om te oefen en tyd saam familie en vriende te spandeer. Catlyn waardeer ook alleentyd waar sy nuwe dinge leer en tyd saam die Here spandeer. Haar lewensmotto is “with God all things are possible.”

Danté du Toit van Hoërskool Hugenote het ses onderskeidings in 2022 se matriekeksamen losgeslaan.  Sy het uitgeblink in Afrikaans (82%), Engels (84%), Lewensoriëntering (87%), Rekenaartoepassingstegnologie (85%), Ingenieursgrafika en ontwerp (87%) en Geografie (88%). Sy beplan om siviele ingenieurswese by UJ te studeer, want sy hou van ‘n uitdaging en die idee om geboue te ontwerp en beplan maak haar opgewonde. Haar belangstellings is hokkie en oefening en sy glo daaraan om alles met ‘n ‘sprit of excellence’ aan te pak.

Back to top button