Carpe Diem vroue doen goed
Die vroue van die LVU se Carpe Diem-tak het uitgeblink tydens hul prysuitdeling.
Verlede Woensdag het almal by Rus ‘n Bietjie se saal bymekaar gekom vir hul prysuitdeling en elkeen is afsonderlik bedank.
Nevlin Grobler van Hoƫrskool Hugenote het die vroue se harte gesteel met sy sang vernuf.
Bettie Bezuidenhout het skoonskip gemaak tydens die prysuitdeling deur vier eerste plekke te neem.
Sy het in die gebak, gebottel, ope en meeste inskrywings afdelings gewen.
Tak voorsitter Christa van der Westhuizen het tweede plek behaal in gebak en in die meeste inskrywingsafdeling, maar deel die eerste plek in die ‘slegs ‘n lepel of vurk’-afdeling met Louise Oosthuizen.
In die blomme-afdeling spog Magda Fourie met ‘n eerste plek en ‘n tweede plek vir gebottelde items.
Kort op Magda se hakke is Caren Rowe in die tweede plek in die blomme-afdeling sowel as in die ‘slegs ‘n lepel of vurk’-afdeling.
In die ope-afdeling spog Babs Vivier met ‘n tweede plek en vir die meeste inskrywings kry Louise Oosthuizen ‘n derde plek.
Die klub spog ook met Linda Botha, Christa van der Westhuizen en Louise Nothnagel wat vir 10 jaar lank lede is van die Carpe Diem klub.
Christa het elke lid van die klub aangespoor om hulself as ‘n wenner te sien of hul ‘n prys ontvang het aldan nie.



