Piet Botha en Johan Engelbrecht het einde Junie elk na oor die 30 jaar diens by Transnet afgetgree.
Piet het 37 jaar en nege maande diens gehad en Johan 36 jaar en sewe maande.
Beide het by Transnet se Welgedacht depot gewerk, waar Johan die depot toesighouer was en Piet, terreinvoorman.
Hule werk, opgesom, was om die regte treintrokke vir die regte vrag saam te stel.
Johan se ondervinding in Transnet was vir jare as beplanner en dit is wat hy moes doen met die verskillende trokke wat hulle moes “bymekaarsit” vir beplaalde kliënte.
Hy het destyds in Glencoe as graad 2 klerk begin en later beplanner geword voordat hy die depot toesighouer pos by Welgedacht gekry het.
Piet, wat die meeste van die jare tydens sy loopbaan by Welgedacht gewerk het, se plig as terreinvoorman was om saam met sy span te sorg dat die regte trokke bymekaar is.
Beide manne sê hulle gaan nou eers ‘n paar werkies in en om hul huise doen.
Johan woon in Geduld en Piet in Welgedacht. Piet sê hy sal, as alles klaar is, besluit wat om te doen, terwyl Johan na sy besigheid gaan omsien wat ‘n ruk gelede begin het.



