Matrieks by die swembad weggejaag
Die rede wat hulle aangevier het is omdat hulle skoolkinders is.
Twee matriekleerlinge is summier by die Olympiapark Swembad weggejaag omdat hulle skoolkinders is.
Een van die kinders se pa, Pieter Prinsloo, sê sy dogter Bianca en haar kêrel Johan Meintjies het op 7 November ‘n ruskansie geneem in hul studeer vir die matriek eindeksamen.
Prinsloo het die twee om 10.30vm by die swembad afgelaai.
Toe die twee matriekleerlinge by die swembad wil ingaan het een van die personeellede vir hulle gesê hul moet na 2nm terugkom.
Die rede wat hulle aangevier het is omdat hulle skoolkinders is.
Prinsloo sê die kinders het buite gewag totdat ‘n verbyganger vir hulle gesê het dat hulle sal kan ingaan as hulle aan die persoon by die hek sê hulle is al uit die skool.
Nadat hulle dit gedoen het is hulle toegang toegestaan.
Die twee het egter verdere probleme opgedoen.
Prinsloo sê die swembadpersoneel het geweier dat Bianca met haar T-hemp bo-oor haar swemklere mag swem.
Sy doen dit om sonbrand te voorkom,
“Dit lyk asof iemand reëls opmaak soos hulle wil,” sê Prinsloo.
Die Addie het Ekuhuleni om kommentaar genader, maar het teen ons ter perse gaan geen kommentaar gekry nie.



