Local newsNews

Dawie woon in Paul Kruger se ou koeistal

Die woonstel se muur is so sterk dat motors al daarin vasgery het sonder om enige skade aan te rig.

Sy woonstel se buitemure is so sterk omdat dit oorspronklik ‘n koeistal was.

Dawie Pepler (81) wat al vir meer a 40 jaar op die hoek van Negendelaan en Vierdestraat, Geduld, woon vertel hy het sowat 20 jaar gelede uitgevind dat die woonstel op sy erf oorspronklik deel van ‘n koeistal van Paul Kruger was.

Hy het ongelukkig die oorspronklike papiere verlĂȘ.

As bouer van beroep het hy het daardie tyd die woonstel uitgeverf en skoongemaak, asook verbeterings in die erf aangebring.

Toe hy destyds die plek aangekoop het, was die oorspronklike koeistal en “waenhuis” (‘n garage met twee deure) reeds verbind en as woonstel ingerig.

Dit is nie bekend of die “waenhuis” ook in Paul Kruger se tyd aangebou was nie.

Langs die woonstel is ‘n groot werkswinkel waar Dawie sy houtwerk doen.

Hy hy het ‘n paar jaar gelede in die woonstel ingetrek, terwyl sy familie en kleinkinders in die huis woon.

Dawie vertel sy woonstel se muur is nog sterk, want twee keer het motors daarin vasgery sonder om enige skade aan te rig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button