Local newsNews

Besigheid oorhandig hulpvaardige kinderstories aan kleuterskool

'n Besigheid wat kinderstories versprei het onlangs 'n skenking gemaak aan 'n kleuterskool in Edelweiss.

Louise Curry is ‘n ambassadeur vir die besigheid en is gevra om ‘n kleuterskool te identifiseer wat baat sal vind by hulle kinderstories.

“Ons kinderstories fokus onder andere op die bevordering van luistervaardighede by kinders,” vertel sy.

Sy sê dat Actikids Kinderkinetica ‘n redelike nuwe speelgroepie is en dat hulle op grootmotoriese vaardighede fokus, wat die boustene is van ontwikkeling van kleuters.

“Die speelgroepie is klein, want elke maatjie het individuele aandag en liefde nodig,” sê Curry.

Die skenking bestaan uit luisterstories op CD, met ‘n pretpak wat geskik is vir kinders van twee tot vyf jaar, drie luisterstories, asook ‘n DVD en ‘n entrepeneurspak wat bestaan uit ‘n CD en aktiwiteitspak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button