Springs DBV kry ’n nuwe baadjie
Die Springs Dierebeskermingsvereniging (DBV) se buitemure het onlangs ’n nuwe baadjie aangetrek.
’n Groep vrywilligers van die Strubenvale NG Kerk het ’n uitreik projek begin en het met hiérdie doel, die Springs DBV se buitemure geverf.
Kleyn Kruger (62), die brein agter die projek, het gesê dat hulle besluit het om hul eerste uitreik van stapel te stuur by die DBV.
“Ons leef groep, @Hearts, bestaan uit enkelvroue wat hierdie verfprojek aangepak het,” vertel sy.
Kruger beskryf dat hulle die DBV gekontak het met die doel om die mure te verf en binne vier dae al die patrone geverf het.
“Ons het verskillende prente van diere op die mure geverf, maar ons is nog nie klaar nie, hoor, ons het nog ‘n bietjie ‘touch-ups’ om te doen.”
Riekie Kotze (67) was die skildereres wat al die prente geskilder het terwyl die ander vrywilligers die mure oorgeverf het.
“Ons wil net baie dankie sê vir Hyla-Marie Kruger wie vir ons die verf geskenk het.”
@Hearts bedank ook ’n verfmaatskappy in Springs vir hul verf skenkings.
Celeste Kleyn, van die Springs DBV, sê hulle is baie dankbaar vir die verf van hulle mure en dat dit baie mooi lyk.
Connect with us:
Have a story? Send Izahn van Huyssteen an email on izahnv@caxton.co.za or contact her on 011 812 4828.
Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.
For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.



