Local newsNews

Rukwind lig dak in Persida

Ernest Viljoen (52) vermoed dat 'n rukwind die oorsaak was dat sy huurhuis se dak Saterdagmiddag afgeruk is.

Hy was blykbaar skaars terug in die huis in Persida, toe hy ‘n rooi stofwolk van Sundra se kant oor die mielielande sien aankom.

Die volgende oomblik toe het hy ‘n geluid wat klink soos twee voertuie wat bots gehoor.

Hy het uit die huis in Ferreirastraat gestorm om te gaan ondersoek instel en tot sy verbasing gesien dat die huis se dak op die grasperk lê.

“Ek het terug in die huis gegaan en gesien ‘n gedeelte van die plafon in die kombuis is ook met die slag afgeruk,” se hy.

Ernest het dadelik die huiseienaar, Yolanda Snyman, van Springs gekontak.

Yolanda het eers gedink haar huurder maak ‘n grap, maar met haar aankoms kon sy haar oë nie glo toe sy die dak se sinkplate sien lê in die agterplaas nie.

“Dit lyk kompleet of die dak in die agterplaas neergelê is,” se sy.

Toe Zelda Coetzee, Yolanda se suster, by die toneel opgedaag het, was sy teleurgesteld dat so iets met haar suster kon gebeur.

Yolanda verhuur die huis vir ‘n ekstra inkomste om te help met die versorging van haar man, Daantjie Snyman, wat reeds vir 13 jaar in ‘n rolstoel is na ‘n beroerte en tans in ‘n versorgingstehuis in Brakpan is.

DA raadslid Ramesh Sheodin het by die huis opgedaag om sy ondersteuning te verleen.

Alhoewel dit nie sy wyk is nie, het hy goedgunstiglik ‘n finansiële bydrae tot die fonds gemaak om die balke en sinkdak te vervang.

Frikkie het intussen plastiek seile bekom om die dak toe te maak totdat dit moontlik is om met die herstelwerk te begin.

Vir Yolanda was die ondersteuning van die gemeenskap, bure en vriende oorweldigend.

“Dit maak my bewoë om te dink daar is soveel mense wat omgee,” sê sy.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button