Seniors hou kinder partytjie
Malan Nel Dienssentrum het Woensdag 105 gaste gehad wat hul 32ste verjaardag vieringe saam met hulle geniet het.
Alhoewel die sentrum elke jaar verjaar, het bestuur besluit om hierdie jaar die vieringe spesiaal aan te bied in die vorm van ‘n kinderpartytjie.
Al die besoekers het pret partytjie hoede opgesit en die tafels was gedek met kleurvolle partytjie dekorasies vol gestrooi met lekkers.

Terwyl hulle Veels Geluk Liewe Maatjie gesing het, het die kombuis personeel die bestanddele vir die tuisgemaakte hamburgers gereed gekry.
Lees: Malan Nel Dienssentrum
Dirk Smit, een van die gaste, het Donderdag 70 jaar oud geword en sommer sy verjaardag saam met die sentrum geniet, deur al die koeldrank te skenk.

Sarie Breytenbach, sentrum bestuurder, vertel dat die seniors die hamburgers en chips vreeslik geniet het en dankbaar was vir die koeldrank wat Dirk geskenk het.
Party van die besoekers het besluit om hul hoedjies op te hou om die atmosfeer van die vieringe hoog te hou.

Issie du Toit (76), Ansie Krige (70) en Frieda Vlok (69) is van mening dat die kinder partytjie baie lekker was.
Lees: Dankie vir donasie aan bejaardes
Evelyn Gatzke (72) het as gas kom kuier en dit so geniet dat sy daar en dan as lid van die sentrum aangeteken het.

Mavis Nel (83) en haar vriendin, Sus Coetzer (69), kuier weekliks by die klub maar hierdie partytjie het hul sommer in ‘n ligte luim geplaas.
“Ek kan nie onthou wanneer ek laas so heerlike kinder ‘party’ geniet het nie,” sê Mavis.

Na die hamburgers het Sarie vir elke besoeker ‘n roomys cone gegee wat as nagereg gedien het.
Al die besoekers het geskenke aangedra ter viering van die klub se verjaarsdag, in die vorm van nie bederfbare kos.

Van die kos sal handig te pas kom met die sentrum se volgende funksie, wat eersdaags sal plaasvind.




