Local newsNews

Ouers bring pret na atletiekdag in Petersfield

Die brandweer en noodhulpdienste het hul die jaar met ’n ongelooflike vertoning verras.

 

Suikerbekkie Opvoedkundige Sentrum in Petersfield hou jaarliks ’n atletiekdag vir hul kleuters.

Op 6 April was dit weer sulke tyd.

Deel van hul tradisie by die skool is dat die ouers ’n kruiwa optooi waarop hul kleuters pas.

Dan volg daar ’n kruiwa-optog waarmee elke ouer spog met hul handewerk en harde werk.

Die jaar moes hul die letter “R” van Suike(R)bekkie uitbeeld.

 

Also read: Nuwe uitgawe van Oxford English Dictionary sluit twee Afrikaanse woorde in

Met groot pret en opgewondenheid is daar ’n span van beoordeelaars wat punte volgens spesifieke kategorieë gee.

Die brandweer en noodhulpdienste het hul die jaar met ’n ongelooflike vertoning verras.

Natuurlik wil elke kleuter nou ’n brandweerman word.

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

Related Articles

Back to top button